top of page
Image by Rapha Wilde

BINNE

Liefdevolle diens aan mekaar

Ons tweede fokus is binne: ons roeping teenoor mekaar as gemeente. Die Bybel beskryf die kerk as die liggaam van Christus waarin gelowiges aan mekaar verbind is (1 Korintiërs 12:27). Dit beteken dat niemand alleen staan nie; ons het mekaar nodig.

Die Here roep ons om mekaar in liefde te dien: “Dien mekaar in liefde” (Galasiërs 5:13).
Hierdie liefde word sigbaar wanneer ons mekaar bemoedig, ondersteun in swaarkry, saam bid en mekaar opbou in die geloof.

Ons wil ’n geestelike familie wees waar mense mekaar dra en saam groei in Christus.

Predikante

Ontvang die nuutste Kompas en bekyk die Kalender. Bly op hoogte van nuus en gebeure in ons geloofsgemeenskap: bedieninge, projekte en aktiwiteite.

ds Paul no 2.png

Ds. Paul & Alta Lubbinge

Die Here het ons gemeente ryklik geseën met ‘n besondere prediker wat ons elke Sondag geestelik voed uit die lewende Woord van God. Die unieke mensekennis en omgee van ons predikantspaar dra by tot ‘n besondere verhouding tussen hulle en ons gemeente.

ds Dirk.jpg

Ds Dirk, Eunice en gesin

Ds. Dirk de Bruyn is 'n predikant met 'n passie vir pastorale sorg. Hy is getroud met Eunice en hulle het twee seuns, Dandru en Divan. Hulle gesin geniet dit om tyd in die natuur deur te bring, waar hulle die skoonheid van God se skepping waardeer. Gesinslewe is vir hulle ‘n belangrike deel van hulle geloofsreis, en hulle is dankbaar vir die geleenthede om hulle lewens en geloof met ander te deel.

Ons Embleem

logo kerk v1.png

Ons Kwarteeufees Embleem
Die geopende Woord en die golwe is simbolies van die see.
Die punt van die kerk se toring raak aan die reënboog en dit is God se genade.
Groen is Sy genadeverbond in 'n smaragboog om Sy troon.

Die oorspronklike embleem is ontwerp deur ds Paul Lubbinge

In 2025 het ons die embleem verander na 'n meer moderne weergawe

Bybelstudies 

Ds Dirk de Bruyn

Week 1:
Maandag: 19:00 Hoërskool Jeug (Zoom)
Kontakpersoon: Ds Dirk de Bruyn 084 870 4557

Dinsdag: 10:30 (Aan huis van Pieter Zwemstra. Seekoringlaan 38, Reebok Village Estate, Reebok.
Kontakpersoon: Pieter Zwemstra 084 587 4566

 

Dinsdag: 18:30 Kleingroep Bybelstudie
Kontakpersoon: Marieta Reyneke 082 779 2928

Week 2:

Dinsdag: 18:30 Jongmens Bybelstudie(Zoom)
Kontakpersoon: Ds Dirk de Bruyn 084 870 4557

Donderdag: 18:00 (Aan huis van Bernard Maritz. Rylaan 8 no 9, Seemeeupark.
Kontakpersoon: Santie Maritz 074 116 6863

Ds Paul Lubbinge

Week 1:
Donderdag: 09:00 Withuis. (Heilige Gees)
Die Withuis: Paardekraallaan 2, Hartenbos
Kontakpersoon: Magriet Jansen 079 879 6248 

Week 2:
Maandag: 09:30 Openbaring. Kerkgebou H/v Seder- en Hardekoolstraat, Heiderand.
Kontakpersoon: Ds Paul Lubbinge

Dinsdag: 10:00 Heilige Gees. Oostelike buitewyke: De Ruststraat 1. Fraai-uitsig.
Kontakpersoon: Antje Smit 082 807 7874
Woensdag: 10:00 Eienskappe van God. Kerkgebou H/v Seder- en Hardekoolstraat,
Heiderand
Kontakpersoon: Marieta Steenekamp 083 456 6943

Donderdag: 09:00 Heilige Gees. (Boggomsbaai): Heidestraat 31, Boggomsbaai
Kontakpersoon: Marinda Janse van Rensburg 082 872 5713

Donderdag: 18:00 Openbaring. Kerkgebou H/v Seder- en Hardekoolstraat, Heiderand.
Kontakpersoon: Ds Paul Lubbinge 

Bybelstudiemateriaal

HOE IS ONS GEMEENTE INGEDEEL?

blokke MET BLOKLEIERS.jpg

Susters

Ons gemeente ondersteun mekaar op verskeie terreine om tot eer van God in ons gemeente en buite te dien in Sy koninkryk

 

Alle susters in die gemeente vorm deel van die sustersdiensgroep. Die formele werksaamhede word gekoördineer deur die sustersbestuur waarop elke blok verteenwoordig word deur ‘n bestuurslid, wat skakel met die wyksusters in die spesifieke blok.

Jeug / Katkisasie

Met die toename van mense wat hulle in die Wes-Kaap en veral in die Tuinroete vestig, het die samestelling van die Gereformeerde Kerk Mosselbaai sedert 2019 ’n merkbare groei in die jeug en jongmense beleef.

Die bediening aan die jeug word met erns aangepak. Leraars, toegewyde gemeentelede, jong werkendes en die ouers van ons dooplidmate werk saam om die jeug op ’n verantwoordelike en skrifgetroue wyse te begelei en by die gemeentelike lewe te betrek.

Ons is ook dankbaar vir die besondere omgewing waarin ons woon. Die son, see, sand, riviere en woude van die Tuinroete bied geleenthede vir stranddae, kampe en verskeie ander aktiwiteite waarin die jeug saam kan deel.

In alles bly die doel egter dieselfde: om die jeug geestelik te begelei, saam met hulle ’n pad te stap in die geloof, en hulle toe te rus vir die volgende fases van hul lewe tot eer van die Here.

Koor

Die kerkkoor is in 2016 gestig – vol entoesiasme en ywer. Die eerste Kerssangdiens is ook reeds in dieselfde jaar aangebied saam met die erediens. Getalle het gegroei en n klimaks was n besoek van die bekende Nederlandse orrelis en koorleier, Martin Mans. ʼn Groot orrel- en massakoorgeleentheid met 120 deelnemers en 800 mense in die gehoor! Dit was die begin van nog groter en meer entoesiasme en belangstelling.

En toe Covid.

In 2023 het die “nuwe koor” begin – met omtrent al die ou lede en n hele paar nuwes. En nou sing ons met nuwe vuur. Die repertoire is inspirerend en gepas vir die erediens en soms word die gemeente ook ingesluit om saam te sing. Daar word ook by geleentheid gebruik gemaak van plaaslike en besoekende kunstenaars.

Die koor is reeds vir jare ʼn bymekaarkomplek van gelukkige siele, en lofprysing en aanbidding deur pragtige musiek – terapie sonder terapeute! Daar word hard gewerk, en baie gelag ook. Dissipline, kooretiket, gehoorontwikkeling, stem ontwikkeling, algemen  musiekkennis.. alles word ondervang in 1 oefensessie per week gedurende die
skoolkwartaal.

Nuwe lede is altyd welkom.

​ Kontak: June van Zyl 072 774 6570

DIE PROSES IS NET SO BELANGRIK AS DIE EINDRESULTAAT

IMG-20260304-WA0020 (1).jpg

Diakonie

Die diakonie van ons gemeente wil diensbaar wees aan Christus deur sy liefde sigbaar te
maak in die gemeente en in die wêreld.

bottom of page