top of page

Page Title

This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content and make sure to add any relevant details or information that you want to share with your visitors.

Image by Samuel McGarrigle

DIAKONIE

Die diakonie van ons gemeente wil diensbaar wees aan Christus deur sy liefde sigbaar te
maak in die gemeente en in die wêreld.

Die diakonie wil daarom help om ’n gemeente te bou waar die gemeenskap van gelowiges
werklik funksioneer
. Dit beteken dat lidmate mekaar dra, ondersteun en prakties liefhet. Die
diakonie wil lidmate help om hulle roeping as gelowiges uit te leef, sodat niemand alleen
staan in swaarkry nie.

Die doel is nie dat net die diakens help nie, maar dat die hele gemeente betrokke raak in
diens van barmhartigheid
.

’n Gemeente waar die gemeenskap van gelowiges leef

Die Here Jesus roep sy kerk om sy liefde onder mekaar uit te leef. Daarom het Hy ook
diakens aan die gemeente gegee om hierdie diens van liefde te help bevorder. Die
bevestigings formulier stel dit duidelik dat diakens geroep is om toe te sien dat die gemeente die wat swaarkry bystaan en dat gelowiges aangespoor word om mekaar in liefde te dien.

Die diakens help om hierdie gemeenskap te bevorder deur:

1. Bewus te wees van die nood en behoeftes van lidmate
2. Lidmate aan te moedig om mekaar te help
3. Die gemeente te lei in dade van barmhartigheid

Die diens van die diakonie is ’n bediening van Christus se barmhartigheid. In die Skrif sien ons hoe die vroeë kerk na mekaar omgesien het en mense in nood gehelp het (Handelinge 2 en 6). Die bevestigingsformulier herinner ons dat nood baie vorme kan aanneem: armoede, siekte, eensaamheid, ouderdom of ander omstandighede wat ’n mens uit die gemeenskap van gelowiges kan laat wegval.

Om barmhartigheid in Christus se Naam te bedien

Ons wil daarom as diakonie:

1. Lidmate in nood met liefde ondersteun
2. Hulle bemoedig met die Woord van God
3. Help sorg dat niemand in die gemeente geïsoleer of vergeet word nie

So wil die diakonie help dat Christus se barmhartigheid sigbaar en tasbaar word in die gemeente.

Om die liefde van Christus na buite te laat uitgaan

Die diakonale roeping strek egter verder as die gemeente self. Die Here roep sy kerk ook om goed te doen aan ander mense en om die liefde van Christus prakties te wys.

Ons diakonie ondersteun daarom ook verskeie organisasies en projekte in die gemeenskap deur finansiële bystand en betrokkenheid. Op hierdie manier wil ons as gemeente deel wees van God se werk van barmhartigheid in die wêreld.

Hierdeur wil ons wys dat die liefde van Christus nie net binne die kerk bly nie, maar ook na buite uitgaan na mense in nood.

Samevatting

Die visie van ons diakonie kan soos volg saamgevat word:

Om die gemeenskap van gelowiges te laat floreer deur lidmate aan te moedig tot
onderlinge liefde en diens.
Om Christus se barmhartigheid te bedien deur na mense in nood om te sien.
Om die liefde van Christus na buite te laat uitgaan deur ondersteuning van mense
en organisasies in die gemeenskap.

So wil ons diakonie die gemeente help om werklik ’n diakonale gemeente te wees – ’n
gemeente waar die liefde van Christus sigbaar word in woord en daad.

KONTAK ONS

KONTAK NOMMERS

Home Page Website in Emerald Black and White Aspirational Elegance Style.png

49 Seder Street, Mossel Bay, South Africa, 6500

Home Page Website in Emerald Black and White Aspirational Elegance Style (1).png

+27 79 865 6643

Home Page Website in Emerald Black and White Aspirational Elegance Style (2).png

Kerkkantoor (Marié) - 079 865 6643

Ds. Dirk De Bruyn - 084 870 4557

Ds. Paul Lubbinge - 078 396 8475

Koster (Louna Du Plessis) 083 462 7068

Volg ons op Facebook

WIE IS ONS

Ontdek saam met ons God in sy woord. God is Bo ons. Ons kyk na ons gemeente na Binne en ons probeer n verskil maak na Buite.

HET JY N NOODGEVAL?

Kontak ons predikant op roep 24/7

(Geen SMS diens)

© Copyright 2026 GKMB / Website designed by Publist Web & Graphic Design

bottom of page