top of page

Page Title

This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content and make sure to add any relevant details or information that you want to share with your visitors.

Image by Hannah Busing

BUITE

Buite – Getuienis aan die wêreld

Ons derde fokus is buite: ons roeping na die wêreld. Die evangelie van Jesus Christus is
goeie nuus vir alle mense, en die Here stuur sy kerk om hierdie boodskap te verkondig.

Voor sy Hemelvaart gee Jesus die groot sending opdrag: “Gaan dan na al die nasies toe en
maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die
Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by
julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” (Matteus 28:19-20).

Ons wil daarom as gemeente nie net na binne leef nie, maar ook na buite.

Dit beteken dat ons die evangelie uitdra deur ons woorde en deur ons lewe. Jesus sê dat sy
volgelinge die lig van die wêreld is (Matthew 5:14). Wanneer ons met liefde, integriteit en
diensbaarheid leef, wys ons iets van Christus se lig aan die mense rondom ons.

Daarom wil ons as gemeente betrokke wees by ons gemeenskap en met vrymoedigheid
getuig van die hoop wat ons in Christus het.

Samevatting
Bo – ons wil groei in ons verhouding met God deur sy Woord en Gees.
Binne – ons wil mekaar in liefde dien en opbou as die liggaam van Christus.
Buite – ons wil die evangelie uitdra en Christus se lig laat skyn in die wêreld.

So wil ons as gemeente leef tot eer van God, tot opbou van sy kerk en tot uitbreiding van sy
koninkryk.

Evangelisasie

Die Evangelisasiediensgroep (EVDG) is ‘n integrale deel van ons geloofsgemeenskap, toegewyd aan die opdrag wat deur Jesus Christus gegee is: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees” (Matteus 28:19):

I. Visie

Ons visie is om ‘n dinamiese en aktiewe evangelisasiediensgroep te wees wat ‘n impak maak in ons gemeenskap en verder. Ons streef daarna om mense van alle agtergronde te bereik, te bedien en te ondersteun in hulle geestelike groei en verhouding met Christus.

II. Missie
Die missie van die Evangelisasiekommissie is om die Goeie Nuus van Jesus Christus op ‘n liefdevolle en relevante wyse aan alle mense te verkondig deur:
Gemeenskapsprojekte
Ondersteuning en dissipelskap van nuwe gelowiges

 

Ons missie is dus om die Evangelie van Jesus Christus so te versprei sodat mense die liefde en redding van God kan ervaar en aanvaar en ‘n lewe van dissipelskap kan leef. In die proses moet daar ook seker gemaak word dat, as nuwe gelowiges volwasse genoeg is, dat hulle sonder bekering onder die oordeel van die Almagtige God bly. Hulle het ook, soos alle ander gelowiges, ‘n verantwoordelikheid om Jesus se voorbeeld te volg soos ons dit vind veral in die nuwe Testament.

In 1 Petrus 4:10 word almal in die gemeente opgeroep: “As goeie bestuurders van die veelvoudige genade van God moet julle mekaar bedien, in ooreenstemming met die genadegawe wat elkeen ontvang het.”

Matteus 5:19 “Hy sê vir hulle: Volg My, en Ek sal julle vissers van mense maak”.

Ernstige gebed deur elke gemeentelid word gevra vir die werking van die Heilige Gees om die suiwer Evangelie uit te dra. Alle gemeentelede word aangemoedig om betrokke te raak op die gebied wat binne sy/haar kennis of ondervinding is, ter ondersteuning van die EVDG se uitdra van ons almal se Groot Opdrag deur ons Verbondsvader.

Algemene evangelisasie werk​

Gemeenskapsuitreike: Organisasie van gereelde uitreike na die plaaslike gemeenskap en elders , insluitende besoeke aan skole, hospitale, ouetehuise en jeug-gevangenis.

Geloofsgebaseerde Geleenthede: Beplanning en uitbreiding van evangelisasiegeleenthede soos konferensies en Bybelskool

Jeug en Kinderevangelisasie

Nuwe Gelowiges: Ontwikkeling van ‘n stelsel om nuwe gelowiges te verwelkom, te onderrig en te ondersteun in hulle nuwe geloofslewe 
Opleidingsprogramme: Aanbieding van dissipelskapkursusse vir gemeentelede en ander belangstellendes 
Jeugprogramme: Die jeug is ‘n belangrike fokusgroep om die evangelie te versprei onder jong mense. Die jeug in die gemeente word gereeld blootgestel aan aktiwiteite om ’n lewende geloof aan te moedig en te prikkel.

Gemeenskapsdiens
Skakeling met ander Kerke: Samewerking met ander kerke en organisasies wat dieselfde belydenis het en geloofsgebaseerde organisasies om ‘n verenigde front vir die Evangelie te vorm.

Gemeenskapsbetrokkenheid
Organisasie van konferensies en opleidingsessies oor evangelisasie

Gebruik van media
Ontwikkeling van evangelisasie-inhoud vir sosiale media

Projekte Betrokke

ACVV: huis E, huis L, Kenani, Maatskaplike Dienste;
Carpe D, 
Nkuta
Hospitaal kliniek
Kankerhulp, nie Kansa nie,
Power town kleuterskool,
Wolwedans kleuterskool

ACVV

Die ACVV - Afrikaanse Christelike Vrouevereniging) - beskik oor n hele aantal fasiliteite van versorging.
Ons gemeente fokus spesifiek op ...

Uitreik na Tarka

Waar is Tarka? Dit is ‘n woongebied net onderkant die Bayview Hospitaal
en Vidamed. Uitreike na Tarka vind elke Dinsdag, met uitsluiting...

Hospitaal Sop Uitreik

Die hospital uitreikvind plaas een keer per maand. Sop en brood word uitgedeel aan die personeel en sekuriteit en seker pasiente by die Hospiaal, die spesiale o...

KONTAK ONS

KONTAK NOMMERS

Home Page Website in Emerald Black and White Aspirational Elegance Style.png

49 Seder Street, Mossel Bay, South Africa, 6500

Home Page Website in Emerald Black and White Aspirational Elegance Style (1).png

+27 79 865 6643

Home Page Website in Emerald Black and White Aspirational Elegance Style (2).png

Kerkkantoor (Marié) - 079 865 6643

Ds. Dirk De Bruyn - 084 870 4557

Ds. Paul Lubbinge - 078 396 8475

Koster (Louna Du Plessis) 083 462 7068

Volg ons op Facebook

WIE IS ONS

Ontdek saam met ons God in sy woord. God is Bo ons. Ons kyk na ons gemeente na Binne en ons probeer n verskil maak na Buite.

HET JY N NOODGEVAL?

Kontak ons predikant op roep 24/7

(Geen SMS diens)

© Copyright 2026 GKMB / Website designed by Publist Web & Graphic Design

bottom of page