top of page
Image by Joel Muniz

BO

Eer aan God

Ons eerste en belangrikste fokus is bo: ons wil tot eer van die Here leef. Die Here het ons geskep om Hom te ken, lief te hê en te dien. Daarom wil ons as gemeente voortdurend groei in ons kennis van God en in ons toewyding aan Hom.

​

Die Here Jesus leer dat die grootste gebod is om die Here lief te hê met ons hele hart, siel en verstand (Matteus 22:37). Hierdie liefde vir God word versterk deur ons kennis van sy Woord en deur gebed. Daarom wil ons ’n gemeente wees waar die Bybel sentraal staan in prediking, onderrig en persoonlike geloofslewe.

​

Die Here sê tog duidelik in sy woord in Romeine 10:17: “Die geloof kom dus deur die
prediking wat ’n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van
Christus.” Daarom wil ons mekaar aanmoedig om in die Here te groei deur gereelde erediens bywoning, Bybelstudie en gebed.

​

Ons begeerte is dat ons almal meer sal leef tot eer van God, want ons is tot sy eer geskep

(1 Korintiërs 10:31).

God is die enigste ware God, daar is nie nog een soos Hy nie. Hy is ’n geestelike wese wat ons nie kan sien nie, maar wat werklik en lewend is. Hy was nog altyd daar en sal altyd daar wees. Ons kan Hom nooit volledig verstaan nie, want Hy is oneindig groter as ons. Hy verander nie, Hy is almagtig, volkome wys, regverdig en goed, die bron van alles wat werklik goed is.

​

Hy is een in wese, maar bestaan van ewigheid af in drie Persone: die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Hulle is nie drie gode nie, maar Een God.

Die Vader is die oorsprong van alles wat bestaan. Die Seun is die Woord en die volmaakte beeld van die Vader, Hy wys vir ons presies wie God is. Die Heilige Gees is die Gees wat uitgaan vanaf die Vader en die Seun. Hy is die Derde Persoon in die Drie-eenheid. Hy werk in ons.

​

Die drie Persone is werklik onderskeie, die Vader is nie die Seun nie, en die Seun is nie die Gees nie, maar hulle is ook nie geskei nie. Hulle is volkome een: dieselfde God, dieselfde mag, dieselfde goedheid, dieselfde heerlikheid.

Nog altyd was God só, Vader, Seun en Heilige Gees saam, sonder begin en sonder einde.

​

Wie is God

Apostoliese Geloofbelydenis

Ek glo in God die Vader, die Almagtige,
die Skepper van die hemel en die aarde.
En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.
Ek glo in die Heilige Gees.
Ek glo aan ʼn heilige, algemene Christelike kerk,
die gemeenskap van die heiliges;
die vergewing van sondes;
die opstanding van die vlees
en ʼn ewige lewe.

Nuutste Preke

Psalm 77 In hierdie Psalm verteenwoordig die Psalmdigter die volk. Hy praat namens hulle. Elkeen van hulle het nagte wakker gelê en worstel oor alles wat om hulle aan die gang was. Hulle het nie verstaan wat gebeur het nie. Hoe meer die volk oor die Here dink, hoe meer raak hulle onrustig. Hulle worstel nagte om met al die vrae.

Psalm 74:1-23 Waar is U Here? Hoekom stoot U ons weg? Waarom is U kwaad vir die mense wat aan U behoort? Waar is U? Daar is mense wat doodgaan van siektes wat die oorhand kry, korrupsie kan nie gekeer word nie, mense maak mekaar dood, hulle wil ons uit die land uitdryf, waar is U?

1 Kor 3:10-23 Laat jou opbou deur dit wat ewigheidswaarde het. Moenie net fokus op jou
werk, die feit dat jy aan die lewe wil bly of op jou finansiële oorlewing nie. Fokus op die Here en Sy koninkryk.

1 Kor 1:18–31 Die Here is deur Paulus besig om sy kerk te leer hoe hulle verdeeldheid te hanteer. Die hele Brief gaan oor vrae waarmee die gemeente geworstel het en waaroor daar verskille was. Waarin roem jy?

1 Kor 1:10-17 In watter kamp is jy? Dit is ‘n vraag wat deesdae baie in ons gedagtes is. Ons hoor dit soms in gesprekke onder mekaar: “Ek is progressief. Ek is behoudend. Ek is vir die besluite wat ons as kerke saam geneem het. Ek is teen die besluite wat, “die Sinode” geneem het.”

Jona 4 Sien, die boek gaan oor die HÉRE. Die boek kon net hier, na hoofstuk 3, gestop het, want Nineve kom tot bekering. Dit wys na Pinkster en wys na iets wat gaan ingryp buite God se verbondsvolk. Álmal in Nineve het geglo! Hier kon dit net eindig met ‘amen!’ Maar dan gee die Here die gebeure van Jona 4.

Efesiërs 5:18-20 Fokusvers: 20 Tema: Dank aan God. Kom ons fokus as kerk van die Here op dankbaarheid. Ons het dit ook nodig. ’n Hart vol dankbaarheid word nie oorrompel deur sorge en swartgalligheid nie, maar het altyd hoop in die Here.

Jona 3 “Die woord van die HERE het die tweede keer tot Jona gekom” Dít is ons God: Hy gee nie net één kans nie! Die God wat hemel en aarde gemaak het, Hy wat almagtig, alwetend, en alomteenwoordig is, dié God gee ook ‘n twééde kans, want Hy is ‘n genadige God.

Jona 1: 1-17 Die eerste ding wat Jona doen, was om sy rug te draai op die HERE se woord. Hy ignoreer die HERE letterlik, hy antwoord nie; hy sê niks vir die HERE nie. Dis erg, nè? Maar hoeveel keer hoor jý die Woord van die Here, en antwoord nie?

Skrifgedeelte: Efesiërs 5: 15-18 Fokusvers:18
HK Sondag 45 V&A 116 Tema: Bid dat die Heilige Gees jou vervul.

Matteus 6:9-13, HK Sondag 45, vraag 116. Vandag se preek gaan oor gebed. Deur die eeue is bid deel van ‘n ware gelowige se lewe. Iewers het die klem verskuif, want die wese van ‘n gebed gaan nie oor die uitkoms daarvan nie. Dit gaan nie daaroor of jou gebed verhoor word soos jy dit wil nie.

Efe 5:6-14 Fokusvers: 7-8
Tema: Ek was. Nou is ek in die Here. Die grondslag van die hele gedeelte wat fokus op ons nuwe lewe in Christus is dat ons reeds verander is. Ons word beskryf as lig in die Here. Ons ken nie net die lig nie, ons het ook nie net deel aan die lig van Jesus Christus nie. Ons is lig.

Gen 9: 18-29 Hierdie preek gaan oor Gam, Noag se derde seun, die sondedaad wat hy gedoen het en die gevolg daarvan op sy nageslag. Dit wys God se oordeel oor die mens wat homself wil verhef.

Gen 9:18-29 Die woord ‘erom’ word ook gebruik in Deuteronomium 28:48, dit beskryf iemand wat blootgestel is, skuldig en kwesbaar is. ‘Naak’
beteken nie net ‘sonder klere’ nie.

Johannes 14:15-26 Fokus vers 15-16 Tema: Nuwe opgewondenheid oor die Heilige Gees. “Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”

Maleagi 2:10-16 Tema: Ons verhouding met God bepaal ons verhouding met mekaar – en dit word veral sigbaar in die huwelik.

Efesiërs 1:15–23 Ons sien die hoop en rykdom wat ons besit met verhelderde geestesoë. Wat maak ons geestelik blind? Ons kan net helder sien deur die Heilige Gees. Ons moet drie werklikhede sien
1) Die hoop van God se roeping
2) Die rykdom van God se erfenis
3) Die grootheid van God se krag

Deuteronomium 6:1-9, 16, 20-25 Luister, die Here ons God is enig, dien Hom met ’n onvoorwaardelike hart! Geloof...Liefde...Vertrou...Vertel

1 Konings 19:1-12 Ons sien die Here in groot gebeure, by belangrike dae en feesvieringe, maar ook in die gewone, in die stilte van elke dag.

Exodus 33:12-22 “Uit sy volheid het ons almal genade ontvang – ja, genade op genade.” Vandag is ’n dankseggingsdag. Danksegging en lofprysing vir die veertigjarige bestaan van ons gemeente.

Hand 2:1-4 Vandag vier ons nagmaal op die Pinksterdag. Ons besef dat die Gees van God, die Seun van God en God die Vader onafskeidbaar van mekaar is. Nagmaal sou geen betekenis vir jou gehad het nie, as die Gees nie in jou was nie.

Psalm 73:1-28 Tema: Wanneer my voet gly, hou God my vas. Hy is my deel!


Johannes 17:20-26 In hierdie preek gaan ons kyk na wat die Bruidegom vir sy bruid wil hê. Die Here Jesus vra twee
dinge van sy Vader vir jóú.

Hebreërs 12: 1-12. Volhard in geloof met liefde

Johannes 17:20-23 Geliefdes, hierdie preek hanteer ’n gedeelte oor die langste gebed in die Bybel. Die gebed beslaan die hele Johannes 17. Dit is dan ook die laaste woorde van die Here Jesus, voordat hy gevange geneem is.

Johannes 1:29-34 Die kerngedagte van die preek is die eerste woorde van Johannes in hierdie gelese gedeelte: “Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: ‘Kyk, die
Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!’ ”

Johannes 20:1- 18 Dis opstandings Sondag, die Here het opgestaan! Dis ‘n heerlike dag, eintlik miskien een van die belangrikste dae, ’n keerpunt in die bestaan van die mensdom!

2 Korintiërs 2:12-17
Fokusvers: vers 14
Tema: Watter reuk straal jy uit?

Openbaring 14:6-13. Tema: Bly volhard! In gehoorsaamheid en geloof.

God Merk Gelowiges en hulle kinders as sy kosbare eiendom

Vlug na God toe en nie weg van hom af nie

Kinders van die Here huil ook - Maar tog anders

Een van die wonders van die Bybel is dat die Here ons worsteling baie akkuraat beskryf. Hy skrum nie weg van ons hartseer nie. Al is dit soms die beskuldiging wat ons oor

Wat lê vir jou hierdie week voor? Of dalk is dit nie nodig om so vêr vooruit te dink nie, waarmee gaan jy more besig wees en hoe sal dit jou dag anders maak as jy besef jy is deur die Here aanvaar?

Daar is net een tree tussen my en die dood. Dawid het dit letterlik ondervind. Met Saul se spies in die hand kan hy net die verkeerde kant toe koes, dan is hy dood. Net in die vorige hoofstuk lees ons Dawid is in Rama, hy kruip weg vir Saul by Samuel. Vier keer ontsnap hy...

Wat getuig jy van Jesus? In die Evangelie volgens Johannes is die apostel besig om te getuig oor wie Jesus is. Hy skryf sodat die leser kan glo dat Jesus die Chri...

Ek wag op U verlossing Here.

Jakob lê op sy sterfbed. Hy weet die einde van sy aardse bestaan is naby. Daarom laat roep hy sy seuns om ’n laaste keer met hulle te praat en hulle te..

Wat is jou fokus in 2026?

Vir sommige van ons het die jaar onstuimig begin.

Tog gaan jou fokus bepaal hoe jy verskeie omstandighede hanteer. Paulus se fokus is op die li...

Hierdie is seker die mees bekende gelykenis van die Here Jesus Christus, bekend by gelowiges sowel as ongelowiges. Dit staan bekend as die gelykenis van die verlore seun, maar nêrens in die gelykenis word “die verlore seun” vermeld nie. Charles Dickens...

Ons plaas die klem op verse 1 tot 9 van Psalms 63, saam met Sondag 22, vraag 58, wat as volg lees: “Watter troos skep jy uit die artikel van die ewige lewe? ...

Geliefdes, dit is sekerlik die bekendste gelykenis van die Here Jesus Christus. Ons het dit selfs as ’n spreekwoord: die barmhartige Samaritaan. Hierdie gedeelte...

Geliefdes, hierdie is ’n besonderse gedeelte met baie gegewens en name, en dit is die laaste woorde wat Paulus aan Timoteus geskryf het. Dit is ook die heel laaste woorde wat Paulus geskryf het voordat hy onthoof...

Preek nr. 9, die laaste preek in die reeks: Die Vrug van die Gees
Ons het dieselfde Skrifgedeelte gelees as in die eerste preek in hierdie reeks, omdat die vrug van die Gees só uniek en só anders is as dit wat ’n mens in hierdie wêreld ken en as normaal..

Preek nr. 8 in die reeks: Vrug van die Gees
Die vrug van die Gees waaroor dit vandag gaan, is sagmoedigheid. Die Here konfronteer ons met hierdie woord. Wanneer laas het jy gebid – of het jy dit...

Preek nr. 7 in die reeks: Vrug van die Gees.
Hierdie preke vat ons ook deur die tyd van die Christusfees, want elkeen van die vrug
van die Gees se eienskappe spreek ons ook besonder in hierdie Kersfeestyd...

Preek nr. 6 in die reeks: Vrug van die Gees.
Preke oor die vrug van die Gees is ook besonder van toepassing in hierdie Kersfeestyd. Die vorige preek was oor geduld. God het..

Preek nr. 5 in die reeks: Vrug van die Gees.
Ons lê klem op die gedeelte: “Ons bid dat julle vervul mag word met die volle kennis van God se wil, deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, ... en deur die...

Preek nr. 4 in die reeks: Vrug van die Gees.
Die derde eienskap van die vrug van die Gees is vrede. As daar een ding is wat die mensdom soek, is dit vrede. Vrede word nagejaag...

Preek nr. 3 in die reeks: Vrug van die Gees.
Die mens het agapé-liefde vir God verloor, na die sondeval in die tuin van Eden. Die mens soek weer na die liefde. Liefde is die eerste eienskap van...

Preek nr. 2 in die reeks: Vrug van die Gees.
In een van die “Ek Is”-uitsprake van die Here Jesus, sê Hy: “Ek is die ware wynstok, en julle is die lote.” God wil hê dat ons vrug moet dra. Die...

“Ek is die ware wynstok.”Dit is wat die Here Jesus van homself gesê het met sy laaste
“Ek Is”-uitspraak. Lees gerus die reeks preke wat oor die...

bottom of page