Page Title
This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content and make sure to add any relevant details or information that you want to share with your visitors.

SUSTERS
Sustersdiensgroep
Ons gemeente ondersteun mekaar op verskeie terreine om tot eer van God in ons gemeente en buite te dien in Sy koninkryk
Alle susters in die gemeente vorm deel van die sustersdiensgroep. Die formele werksaamhede word gekoördineer deur die sustersbestuur waarop elke blok verteenwoordig word deur ‘n bestuurslid, wat skakel met die wyksusters in die spesifieke blok.
Die formele dienswerk sluit die volgende in:
Hanteer Sondae die skinkbeurte na die erediens.
Tydens Belydenisaflegging word koeksisters aan die hele gemeente voorgesit.
Verversings by predikante en hulle gades se verjaarsdae op die Sondag naaste
daaraan.
Toebroodjies en koeksisters na ‘n Begrafnisdiens.
”Ons gee om boksie” wat gegee word aan lidmate of naasbestaandes wat in rou verkeer.
Meelewingsprojekte wat deur susters gekoördineer word in samewerking met die gemeente. (Bv brei van kombersies).
Susters is (o.l.v. die bestuur) verantwoordelik vir die jaarlikse Kerssangaand gedurende November. Die susters koӧrdineer een ander geleentheid wat onderlinge meelewing in die gemeente bevorder.
Die sustersbestuur reël jaarliks twee geleenthede vir nuwe intrekkers waartydens hulle mekaar, die blokleiers en beide predikante beter leer ken.
Uitreik aan hospitaalpasiënte in samewerking met die Evangelisasiekommissie en blok. Toebroodjies word voorberei asook Afrikaanse\Engelse bybelverskaartjie word voorsien.
Die susters ondersteun die blokleiers in blokverband met blokfunksies.
Inligting rondom die susters word op die Inligtingsbord in die saal vertoon.
Lidmate 80 jaar en ouer kry ‘n baie spesiale verjaardagboodskap per WhatsApp.
Snr lidmate se bederfboksies.
Jaarafsluitingsgeleentheid vir susters.
Donasies aan verdienstelike sake in gemeente, dorp en kerkverband.
Blomme in die kerk vir spesifieke Sondae, gekoördineer deur ‘n Blomme WhatsApp-groep.
Lofprysing aan Hom, wat deur sy krag wat in ons werk, die mag het om oneindig meer te doen as alles wat ons bid of dink, aan Hom kom toe die heerlikheid in die kerk en in Christus Jesus, deur alle geslagte heen, vir ewig en ewig.
Amen (Efesiërs 3: 21 & 22. 2020 - vertaling)
























