top of page

Page Title

This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content and make sure to add any relevant details or information that you want to share with your visitors.

Image by Kyle Smith

Jeug

Jeug / Katkisasie

Met die toename van mense wat hulle in die Wes-Kaap en veral in die Tuinroete vestig, het die samestelling van die Gereformeerde Kerk Mosselbaai sedert 2019 ’n merkbare groei in die aantal jeug en jongmense beleef.

Die bediening aan die jeug word met erns aangepak. Leraars, toegewyde gemeentelede, jong werkendes en die ouers van ons dooplidmate werk saam om die jeug op ’n verantwoordelike en skrifgetroue wyse te begelei en by die gemeentelike lewe te betrek.

Ons is ook dankbaar vir die besondere omgewing waarin ons woon. Die son, see, sand, riviere en woude van die Tuinroete bied geleenthede vir stranddae, kampe en verskeie ander aktiwiteite waarin die jeug saam kan deel.

In alles bly die doel egter dieselfde: om die jeug geestelik te begelei, saam met hulle ’n pad te stap in die geloof, en hulle toe te rus vir die volgende fases van hul lewe tot eer van die Here.

Die jeug van die Mosselbaai se gemeente van die Gereformeerde Kerk het een keer per kwartaal 'n gesellige saamkuier geleentheid. Jong dooplidmate van voorskool tot hoërskool en ook jong naskoolse beleidende lidmate kom bymekaar, op die stand of langs die rivier. Ons speel, kuier en eet gesellig saam.
Een keer per jaar verkoop  die hoërskoolkinders pannekoek of hamburgers om fondse in te samel vir hul jeugkamp.
Vroeg in die vierde kwartaal hou ons 'n naweekkamp vir al die hoërskool kinders, waar jong beleidende lidmate as kampleiers optee en 'n veilige omgweing skep om moeilike temas te bespreek en ruimte te skep vir geesetelike groei.

2024 Jeug Stap

2024 Jeug Kamp

2025 Jeug Kamp

2025 Jeug - Pannekoek bak

Jeug Burger verkope 2025

Jeug Stranddag

KONTAK ONS

KONTAK NOMMERS

Home Page Website in Emerald Black and White Aspirational Elegance Style.png

49 Seder Street, Mossel Bay, South Africa, 6500

Home Page Website in Emerald Black and White Aspirational Elegance Style (1).png

+27 79 865 6643

Home Page Website in Emerald Black and White Aspirational Elegance Style (2).png

Kerkkantoor (Marié) - 079 865 6643

Ds. Dirk De Bruyn - 084 870 4557

Ds. Paul Lubbinge - 078 396 8475

Koster (Louna Du Plessis) 083 462 7068

Volg ons op Facebook

WIE IS ONS

Ontdek saam met ons God in sy woord. God is Bo ons. Ons kyk na ons gemeente na Binne en ons probeer n verskil maak na Buite.

HET JY N NOODGEVAL?

Kontak ons predikant op roep 24/7

(Geen SMS diens)

© Copyright 2026 GKMB / Website designed by Publist Web & Graphic Design

bottom of page