
Nuwe Intrekkers
Welkom by GK Mosselbaai! Of jy nuut in die omgewing is, net hier inloer, of op soek is na ’n geestelike tuiste – jy is baie welkom. Ons hoop jy sal gou ‘n tuiste hier vind. Kom drink gerus ‘n koppie na die erediens in die saal en ontmoet ander lidmate.
Ons wil graag jou help om n volgende stap te vat. Laai ons vorm af, vul hom in en bring hom asb na die kerk kantoor. Alternatiewelik kan jy hom vir ons epos
Eredienstye: Sondae om 9:30
Katkisasie: Direk na die erediens
Tee na tyd: Tee word elke sondag direk na die diens gedrink in die saal, behalwe nagmaal en voorbereidings Sondae.
Nagmaal: 2 blokke op ‘n slag, om 8:00 en 9:30 (dit word in ons blaadjie, Die Kompas, aangedui)
Meld gerus aan by Marié in die kerkkantoor. Sy is gewoonlik beskikbaar voor elke diens.
Nuwe Intrekkers Kuier
‘n Heerlike informele saamkuierfunksie word 2 maal per jaar gereël vir alle nuwe lidmate van ons gemeente, om hulle aan hul blokleiers en ook aan mekaar voor te stel.
Jy sal dan ook meer te wete kom van ons gemeente se werksaamhede. Jy sal ‘n uitnodiging ontvang vanaf die nuwe intrekker komitee.
By ons kerk draai alles om die genade van God en die gemeenskap van die heiliges. Ons nooi alle nuwe intrekers en belangstellendes om deel te word van ons bedieninge. Kom ontmoet die span, leer ons visie ken, en vind uit hoe jy jou talente in die koninkryk van God kan gebruik.
HOE IS ONS GEMEENTE INGEDEEL?
